Jou naam ……

Windy beach……

Jou naam roep verborge beelde op

van nagte van skilder en skryf

en lag en liefde en glase wyn voor ‘n kaggelvuur.

 

Van winter boeretroos oggende

by die ou houttafel,

in blikbekers saam ouma se karringmelk beskuit

en Wagter en Kietsie in die sonkolletjie voor die deur.

 

Van ‘n groentetuin kweek,

trippies na die see en berge,

skulpies optel met die wind in ons hare

en ‘n liefde vir die lewe wat deur ons are bruis.

 

Van oudword jare,

plooie, brille, grille,

kieries en grys hare,

maar met ‘n ewigdurende, onvoorwaardelike liefde vir mekaar.

Hierdie voëltjie is nie dood nie

Baby sparrow
Baby sparrow

Is jy die duiwel wat my bang wil maak
of is jy ‘n vriend wat aan my hand wil raak?

Hierdie voëltjie is nie dood nie maar sy kry maklik seer.
Sy wil vir jou sing en met jou speel
maar sê nou dit gebeur maar net weer?

Tyd en vriendelikheid en ‘n hand uitreik,
kan miskien net die salf wees,
wat hierdie voëltjie genees
en laat ontwaak uit haar slaap.

Hond

Sometimes you can only express yourself in your mother language.

I rarely write poetry and if I do it’s not with the idea that it is any good but with the only intent being to express what’s in my heart and mind. 

Girl and hare - watercolour and black pen. I did this one year's ago but it seemed quite suitable for a poem that talks about childhood memories.
Girl and hare – watercolour and black pen. I did this one year’s ago. Far from perfect but it seemed quite suitable for a poem that mentions childhood memories.

My hart was swaar, jou woorde was warm en mooi en ek het gevolg.

Jy het vertel van kindertyd onthoue en ek het onthou.

Jy’t vertel van ons voorvaders se dapperheid en pyn en ek was saam trots.

Jy’t vertel van feetjies in diep donker woude en ek het die prentjies in my kop sien speel.

Jy was bekend soos die gedeelte van my siel wat ek vroeg agtergelaat het, meestal van vergeet het.

Jy was so mooi soos jou woorde. Met jou sigeuner bruin oë, lang maer lyf en vingers wat saggies oor die klawers speel het jy my getoor.

So eenders en tog so anders soos ‘n refleksie in water – jy die woorde en ek die beelde.

Hy was ‘n vae skim teen jou (of so het ek gedink) – sy oë bleek van te veel sien en onthou. Sy woorde min, ander se musiek sy taal. Sy siel ‘n gawe vreemdeling op my pad.

Ek het my hand wat vir so lank gehuiwer het op jou skouer gesit.

Maar met die eerste aanraking het jou woorde wat eens gedrup het soos heuning, gesny soos ‘n lem.

Ek het hond geword in jou oë en ek het gevlug.

A “more or less” direct English translation:

My heart was weary, your words were warm and beautiful and I followed.

You spoke of childhood memories and I remembered.

You spoke of our ancestors, their courage and pain and I felt pride.

You spoke of fairies in deep dark forests and the stories played out in my head.

You were familiar, like a part of me I left behind too early, a part forgotten up to now.

You were as beautiful as your words. Your gypsy brown eyes, willowy body, your fingers dancing over the keys, mesmerised me.

Like a reflection in water we were the same and yet not. You were the words and I were the pictures.

He was a shadow compared to you (or so I thought), his eyes pale from too many memories. He words were few, he spoke with other’s music. His soul a friendly stranger on my path.

My hand that had lingered so long, came to rest on your shoulder.

But with the first touch your honeyed words turned into a sharp blade.

I became a dog in your eyes and I fled.