Somtyds

Somtyds pols my hart met die ritme, kleure en klank van ‘n sigeuner, helder, gloeiend, rasend-dansend met armbande klingelend om ‘n warm vuur. Onnutsig, tartend, uitdagend.

Somtyds treur my dorstende, gekwelde hart in mistig-grys minieur tone soos ‘n violis wat na sy tuisland hunker. Somber, vuur-gedoof, klein.

Somtyds net vir ‘n oomblik gluur my opstandige middel-vinger hart die wêreld aan soos ‘n papegaai-lyf beskilderde, mohawk draende, geringde metaal-rebel. Wantrouig, verwyderd, woedend.

Meestal kabbel my hart ‘n sagte, blaartjie groen deuntjie. Omhels die wêreld, myself, alles so perfek en reg geskape. Alle mense word my mense, alles word een. Vreugdevol, vredevol, liefdevol, bly.

Ver, naby, misverstaan, kwaad. Reëlmatig, altyd-ewigdurend bons die diepste, mooiste, sagste kavernes van my hart vir jou en wat jy in soveel liefde vir die wêreld bring. Ek nooi jou binne, jy is my hart se maat.

Miranda muis soek maatjies 2

Nutria swamp rat

En daar’s die hele storietjie nou klaar. Ek kan dink dat Miranda en Bertie nog baie avonture gaan beleef! Terwyl ek die die storietjie geskry het, het ek baie prentjies in my kop gesien speel en ek voel lus om ‘n paar illustrasies te doen van Miranda se avonture in die woud. My vorige robin poging was ‘n klaaglike mislukking of miskien was ek net bietjie puntenerig. Ek sukkel werklik om te verf deesdae, maar miskien het ek net iets nodig om my werklik te inspireer, wie weet?

Miranda soek maatjies.

Miranda muis bly saam haar mammie en pappie en agt boeties en sussies in ‘n knus nes in ‘n ou houtstomp. Hulle is omring deur mooi ou bome, baie ander gediertetjies en selfs ‘n paar feetjies.

Miranda is altyd flink uit die vere en vanoggend baie verveeld, want haar boeties en sussies slaap nog. Mammie is besig om ontbyt te maak en jaag spelerig vir Miranda met ‘n besem onder haar voete uit .

Pappie, pappie speel bietjie met my, pleit sy.

Pappie is besig om die dag se nuus in die Muis-Herout te lees en nie lus vir speel vanoggend nie. Miranda, jy’s amper vyf weke oud en gaan binnekort die nes verlaat, ek dink dis tyd dat jy ‘n maatjie of twee gaan maak. Jy’t my toestemming om bietjie op jou eie buite gaan speel. Nie verder as die groot ou eikeboom by die vlei nie en pasop vir uil en slang, hulle is skelm en gevaarlik.

Miranda is maar te gretig om die wereld daar buite op haar eie te gaan verken en sy is vinnig uit by die deur.

Hoe maak ‘n mens nou eintlik maatjies wonder sy? Dan onthou sy van Bertie die vlei rot wat so pas in die groot ou eikeboom ingetrek het. Hy is ‘n buitengewone gawe en slim rot, miskien sal hy haar maatjie wees. Sy trippel vrolik weg om vir Bertie te gaan soek.

Klop, klop, klop, klop. Miranda klop haar kneukels seer aan die deur. Bertieeeeeeee, Bertieeeeeee, hallooooooo! Maar Bertie hoor niks nie, hy lê en droom van ‘n groot ontbyt van bessies, tamaties en heerlike spanspek sop, alles net vir homself.

Miranda sug, sy is nou skoon moeg geklop. Miskien hou Bertie nie van haar nie en maak hy of hy nie by die huis is nie. Sy sal vir hom ‘n boodskappie los op sy kliptablet langs die deur. As hy regtig met haar vriende wil wees sal hy haar hopelik kom opsoek.

Hello Bertie, skryf sy. Ek het jou kom soek om met my te speel. Ek weet nie of jy nog slaap nie, of miskien nie hier is nie, of miskien net nie met my maatjies wil wees nie. As jy met my maatjies wil wees, ek sal later vanmiddag terug by die huis wees, dan kan ek vir ons lekker spanspek sop voor sit, ek weet jy hou daarvan. Groete, Miranda.

Ek gaan soek maar solank iemand anders om mee te speel, praat sy hardop met haarself.

Ek ssssssal met jou ssssssspeel sê ‘n stem agter haar. Miranda wip soos sy skrik en skarrel op teen die boom. Onder die boom lê ‘n snaakse lang, maer gedierte sonder voete, met ‘n flikkerende, gevurkte tong. Wie’s jy, skreeu Miranda van bo in die boom. Ek’s Ssssssybrand sê die gedierte, kom sssspeel bietjie met my. O koekemakranka, dink Miranda. Dis Sybrand die slang wat pappie haar teen gewaarsku het. Ag nee wat dis reg ou Sybrand, ek dink nie muise en slange is gemaak om vriende te wees nie! Maar dankie in elk geval.

Hhhhhhoekom skreeu jy my wakker, vra ‘n hees stem. Langs haar sit ‘n voël met vreeslike groot, geel .

Langs haar sit ‘n voël met vreeslike groot, geel oë.

Miranda, skuif versigtig bietjie verder van die vreemde dierasie af. Skuus mevrou, ek sal jou uitlos dat jy verder slaap. Neeeee, neeeee sê die voël, ek is in elk geval nou wakker en jy is nou hier. Toe, kom sit ‘n bietjie naaaaader en vertel my wie jy is. Jy lyk vir my na ’n baaaaaie interessante gogga.

Tsk, sê Miranda, ek’s nie ’n gogga nie, ek’s ’n muis. Wie is jy?

Die voel trek haar groot oë op skrefies. Ek? Ek is Ulrika Uuuuuil en al julle klein gediertjies is goggas vir my. Weet jy wat hou ek die meeeeeste van goggas? Goggas is lekker om te EET!!

Op daardie oomblik pyl Ulrika met ’n groot oop bek op Miranda af. Waaaaa, los my uit jou aaklige ou voel, skreeu Miranda, knyp haar oë toe en duik reguit af grond toe. Eina, skreeu Sybrand die slang toe Miranda op sy kop beland en seil vinnig weg in die bosse in!

Miranda is skoon lam en bewerig geskrik. Sjoe, hierdie maatjie makery is ‘n gevaarlike storie, ek dink dis tyd om liewer huis toe te gaan, dis baie veiliger daar!

Net toe hoor sy ‘n vrolike stem agter haar. Hallo Miranda, ek het jou boodskappie gekry en jou kom soek om saam my te speel. Wil jy saam my bietjie op my bootjie gaan ry en by die feetjies gaan kuier? Daarna sal ek met graagte by jou ‘n lekker beker spanspek sop gaan eet.

Bertie!! Ek is so bly om jou te sien! Dit sal baie lekker wees dankie, lag Miranda bly. Ek is so bly jy het my kom soek, hier’s vreeslike lang, maer en groot oog gediertes in die woud. Wie het geweet dis so gevaarlik om maatjies te maak?

Ag nee wat Miranda, lag Bertie, ek is buitengewoon lank en maer vir ’n vlei rot en baie ander diere het groot oë. ’n Mens kan nie volgens hoe iemand lyk, besluit watse tipe maatjie hulle gaan wees nie. Dis maar net Sybrand slang en Ulrika Uil wat jy voor versigtig moet wees. Die ander diere is almal baie vriendelik.

Kom ons gaan speel! Hulle huppel vrolik hand aan hand weg om vir die feetjies te gaan kuier.

@ Kopiereg Charmaine Diedericks

Miranda muis soek maatjies

Ek het hierdie storietjie in die vroeg oggend ure begin , die eerste keer wat ek ‘n kinderstorie in Afrikaans probeer skryf. Hopelik sal Miranda en Bertie en die ander kreature vir my die res van die storie teen more in my oor kom fluister het!

Miranda muis bly saam haar mammie en pappie en agt boeties en sussies in ‘n knus nes in ‘n ou houtstomp. Hulle is omring deur mooi ou bome en baie ander diere.

Miranda is altyd flink uit die vere en vanoggend baie verveeld, want haar boeties en sussies slaap nog. Mammie is besig om ontbyt te maak en jaag spelerig vir Miranda met ‘n besem onder haar voete uit .

Pappie, pappie speel bietjie met my, pleit sy.

Pappie is besig om die dag se nuus in die Muis-Herout te lees en nie lus vir speel vanoggend nie. Miranda, jy’s amper vyf weke oud en gaan binnekort die nes verlaat, ek dink dis tyd dat jy ‘n maatjie of twee gaan maak. Jy’t my toestemming om bietjie op jou eie buite gaan speel. Nie verder as die groot ou eikeboom by die vlei nie en pasop vir uil en slang, hulle is skelm en gevaarlik.

Miranda is maar te gretig om die wereld daar buite op haar eie te gaan verken en sy is vinnig uit by die deur.

Hoe maak ‘n mens nou eintlik maatjies wonder sy? Dan onthou sy van Bertie die vlei rot wat so pas in die groot ou eikeboom ingetrek het. Hy is ‘n buitengewone gawe en slim rot, miskien sal hy haar maatjie wees. Sy trippel vrolik weg om vir Bertie te gaan soek.

Klop, klop, klop, klop. Miranda klop haar kneukels seer aan die deur. Bertieeeeeeee, Bertieeeeeee, hellooooooo! Maar Bertie hoor niks nie, hy lê en droom van ‘n groot ontbyt van spanspek sop en bessies en tamaties, alles net vir homself.

Miranda sug, sy is nou skoon moeg geklop. Miskien hou Bertie nie van haar nie en maak hy of hy nie by die huis is nie. Sy sal vir hom ‘n boodskappie los op sy kliptablet langs die deur. As hy regtig met haar vriende wil wees sal hy haar hopelik kom opsoek.

Hello Bertie, skryf sy. Ek het jou kom soek om met my te speel. Ek weet nie of jy nog slaap nie, of miskien nie hier is nie, of miskien net nie met my maatjies wil wees nie. As jy met my maatjies wil wees, ek sal later vanmiddag terug by die huis wees, dan kan ek vir ons lekker spanspek sop voor sit, ek weet jy hou daarvan. Groete, Miranda.

Ek gaan soek maar solank iemand anders om mee te speel, praat sy hardop met haarself.

Ek ssssssal met jou ssssssspeel sê ‘n stem agter haar. Miranda wip soos sy skrik en skarrel op teen die boom. Onder die boom lê ‘n snaakse lang en maer gedierte sonder voete, met ‘n flikkerende, gevurkte tong. Wie’s jy, skreeu Miranda van bo in die boom. Ek’s Ssssssybrand sê die gedierte, kom sssspeel bietjie met my. O koekemakranka, dink Miranda. Dis Sybrand die slang wat pappie haar teen gewaarsku het. Ag nee wat dis reg ou Sybrand, ek dink nie muise en slange is gemaak om vriende te wees nie! Maar dankie in elk geval.

Hhhhhhoekom skreeu jy my wakker sê ‘n bangmaak vaak stem. Langs haar sit ‘n voël met vreeslike groot oë…

@ Kopiereg Charmaine Diedericks